62 Die volgende dag, ná die voorbereiding, gaan die leierpriesters en die Fariseërs saam na Pilatos
63 en sê: “Ons meester, ons onthou dat dié misleier, toe Hy gelewe het, gesê het: ‘Ek sal na drie dae opstaan’.”
64 “Gee dan bevel dat die graf bewaak word tot die derde dag toe dat Sy studentevolgelinge nie miskien in die nag kom, Hom steel en vir die mense sê Hy het opgestaan uit die dood uit nie, want die laaste misleiding sal erger wees as die eerste.”
65 Pilatos sê vir hulle: “Daar is vir julle wagte, gaan bewaak dit volgens wat julle verstaan”
66 en hulle het weggegaan om die graf te bewaak en saam met die wag ’n seël op die steen gesit.