27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie egbreuk pleeg nie,’
28 maar Ek sê vir julle dat ’n man wat na ’n vrou kyk met die doel om haar te begeer, daardie oomblik, egbreuk pleeg met haar in sy gedagtes, wil en emosie.
29 As jou regteroog jou laat sondig, ruk dit uit en gooi dit weg! (Verwyder slegte dinge voor jou oë). Dit is vir jou beter dat jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.
30 As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg! (As jy verkeerd doen -stop dit). Dit is vir jou beter dat jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.Deut 24:1 ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar ’n skeibrief gee,’
31 Daar word gesê:
32 maar Ek sê vir julle dat enige een wat van sy vrou skei, behalwe as gevolg van seksuele immoraliteit, maak dat sy egbreuk pleeg en elkeen wat ’n geskeide trou, pleeg egbreuk.
33 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy moenie jou eed verbreek nie,’ en, ‘jy moet jou beloftes aan יהוה hou,’