7 Wanneer julle bid, gebruik nie mooi klinkende herhaling van woorde soos die heidene, wat dink dat God hulle beter sal hoor as hulle baie woorde gebruik, nie.
8 Moet dan nie wees soos hulle nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
9 Julle moet dan so bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, U Karakter en Outoriteit (Naam) is afgesonderd;
10 laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel.
11 Gee ons die brood wat ons vandag nodig het.
12 Vergewe wat ons verkeerd gedoen het, soos ons ook hulle wat teenoor ons verkeerd gedoen het, vergewe
13 en bring ons nie in toetsing nie, maar bevry ons van boosheid, want aan U behoort die Koningskap, die wonderwerkende krag, die eer, lof en aanbidding tot in ewigheid,’