3 Waarom sien jy die splinter in jou broer se oog, maar die plank in jou eie oog merk jy nie op nie?
4 Hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Laat my die splinter uit jou oog uithaal en let op, daar is ’n plank in jou eie oog?
5 Toneelspeler van ’n valse karakter, haal eers die plank uit jou eie oog uit, dan sal jy kan sien om ’n splinter uit jou broeder se oog uit te haal!
6 Hang nie oorringe aan honde nie en gooi nie julle pêrels voor wildevarke nie. As julle dit doen dan mag hulle dit net miskien onder hulle pote vertrap en omdraai en julle deurboor.
7 Hou aan om te vra en dit sal vir julle gegee word; hou aan om te soek en julle sal vind; hou aan om te klop en daar sal vir julle oopgemaak word,
8 want elkeen wat aanhou vra ontvang en hy wat aanhou soek, vind en vir hom wat aanhou klop, sal oopgemaak word.
9 Wie is daar tussen julle wat, as sy seun vir hom ’n brood vra, vir hom ’n klip sal aanbied;