17 So is vervul wat gesê is deur Yesha’yahu, die profeet, wat gesê het: “Hy sal ons pyne wegvat en ons siektes dra.”
18 Toe Yeshua die groot klomp mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee dat hulle na die strand toe gaan.
19 ’n Sekere leraar van die wet het nadergekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.”
20 Yeshua sê vir hom: “Vir die jakkalse is daar gate en vir die voëls in die lug skuilings, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy Sy kop kan neerlê nie.”
21 ’n Ander een van Sy studentevolgelinge het vir Hom gesê: “My Meester, gee my toestemming om eers te gaan en my vader te begrawe,”
22 maar Yeshua sê vir hom: “Volg My en laat die dooies hulle dooies begrawe.”
23 Toe klim Hy in die skuit en Sy studentevolgelinge saam met Hom