25 Toe kom Sy studentevolgelinge nader en maak Hom wakker en sê: “Ons Meester, red ons, ons word vernietig!”Yes 51:15
26 Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle bang, vertroueloses?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en die see en daar was ’n groot kalmte.
27 Die manne was geskok en het gesê: “Wie is Hy dat die wind en die see Hom gehoorsaam?”
28 Toe Hy aan die oorkant kom, in die gebied van Gergesenos, het twee demoonbesetenes, wat so boos was dat niemand met daardie pad kon verbygaan nie, vanuit die grafte gekom en Hom ontmoet
29 en hulle het uitgeroep en gesê: “Wat het ons met U te doen, Yeshua, Seun van God? Het U voor die bepaalde tyd hierheen gekom om ons te pynig?”
30 Daar was ’n groot trop varke wat ’n ent van hulle af gewei het.
31 Daardie demone het Hom gesmeek en gesê: “As U ons uitdryf, gee vir ons toestemming om in die trop varke te vaar.”