24 Hy sê vir hulle: “Gaan julle weg, want die dogter is nie dood nie, maar slaap.” Hulle het vir Hom gelag.
25 Nadat Hy die skare uitgestuur het, het Hy ingegaan, haar hand vasgevat en die dogter laat opstaan.
26 Die gerug hiervan het deur die hele gebied versprei.
27 Toe Yeshua daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg wat uitgeroep en gesê het: “Gee om vir ons, Seun van Dawid!”
28 Nadat Hy in die huis ingegaan het, kom die blindes na Hom toe en Yeshua sê vir hulle: “Vertrou julle dat Ek in staat is om dit te doen?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons Meester.”
29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: “Laat dit vir julle wees net soos julle vertrou”
30 en onmiddellik het hulle oë oopgegaan en Yeshua het hulle ernstig beveel en gesê: “Let op dat niemand daarvan weet nie.”