27 Toe Yeshua daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg wat uitgeroep en gesê het: “Gee om vir ons, Seun van Dawid!”
28 Nadat Hy in die huis ingegaan het, kom die blindes na Hom toe en Yeshua sê vir hulle: “Vertrou julle dat Ek in staat is om dit te doen?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons Meester.”
29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: “Laat dit vir julle wees net soos julle vertrou”
30 en onmiddellik het hulle oë oopgegaan en Yeshua het hulle ernstig beveel en gesê: “Let op dat niemand daarvan weet nie.”
31 Hulle het egter weggegaan en dit in die hele gebied bekend gemaak.
32 Terwyl hulle weggaan, bring hulle ’n doofstom persoon, wat deur ’n demoon beheer word, na Yeshua toe
33 en nadat die demoon uitgegaan het, het die doofstom persoon gepraat. Die skare mense het hulle verwonder en gesê: “So iets is nog nooit in Yisra’el gesien nie,”