5 en van Yeshua, Die Gesalfde Een, die betroubare getuie, die Eersgeborene uit die dood en die Heerser oor die konings van die aarde; Hy wat ons liefhet, ons van ons sondes losgemaak het deur Sy bloedYes 61:6; 1 Kef 2:5,9 gemaak het vir God, Sy Vader; aan Hom die eer, lof, aanbidding en die heerskappy vir tydlose ewigheid! Dit is waar.
6 en ons ’n koninkryk van priestersDan 7:13 en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek hetZ’kh 12:10 en al die families van die aarde sal oor Hom rou.Z’kh 12:10,12,14 Ja, dit is waar!
7 Let op, Hy kom met die wolkeEks 3:14 Hy wat is en wat was en wat kom; Hy wat alles vashou.
8 “Ek is die Alef en ook die Tau,” sê יהוה-God;
9 Ek is Yoganan, julle broer en deelgenoot in die lyding en in die volharding wat in Yeshua is. Ek was op die eiland wat Patmos genoem word as gevolg van die boodskap van God en as gevolg van die getuienis van Yeshua, Die Gesalfde Een.
10 Ek was in die Gees op die eerste dag van die week en ek het agter my ’n harde Stem gehoor, soos van ’n ramshoring,
11 wat sê: “Skryf wat jy sien in ’n rol en stuur dit vir sewe gemeentes: na Efesos, Smurna, Pergamos, Thuateira, Sardeis, Filadelfeia en Laodikeia.”