1 Die vyfde het geblaas en ek sien ’n ster wat uit die lug uit op die aarde geval het en aan hom is die sleutel van die bodemlose put gegee.
2 Daar het rook opgekom uit die put, soos die rook van ’n groot hoogoond wat warm gemaak is en die son en die lug is deur die rook uit die put verduister
3 en vanuit die rook het daar sprinkane oor die aarde uitgegaan en aan hulle is die krag gegee wat die skerpioene van die aarde het.
4 Vir hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom mag beskadig nie, maar slegs die mense wat nie die seël van God tussen hulle oë het nie
5 en dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen, wanneer hy ’n mens aanval.
6 In dié dae sal die mense die dood soek en dit nie kry nie en hulle sal begeer om dood te gaan en die dood sal van hulle af wegvlug.
7 Die sprinkane het gelyk soos perde wat voorberei is vir die oorlog; op hulle koppe was iets wat gelyk het soos krone van goud en hulle gesigte was soos die gesigte van mense;
8 hulle het hare gehad soos dié van vroue, hulle tande was soos dié van leeus,
9 hulle het borsplate gehad soos van yster, die klank van hulle vlerke was soos die klank van baie strydwaens met perde, wat hardloop na die geveg
10 en hulle het sterte gehad wat lyk soos dié van skerpioene; die angels in hulle sterte en hulle outoriteit was om die mense vyf maande lank seer te maak.
11 Hulle het as koning oor hulle die engel van die bodemlose put. Sy naam in Hebreeus is Abdo (werker) en in Aramees het hy die naam Shra (sterk of getrou).
12 Die eerste ‘wee’ het verbygegaan. Let op, hierna kom daar nog twee ‘weë!’
13 Na hierdie dinge het die sesde engel geblaas en ek het ’n stem gehoor vanuit die vier horings van die goue altaar wat voor God is
14 en dié het aan die sesde engel met die ramshoring gesê: “Maak die vier engele los wat vasgebind is by die groot rivier, die Eufrates;”
15 en die vier engele is losgemaak, wat gereed gemaak is vir dié uur, dag, maand en jaar, om ’n derde van die mense dood te maak.
16 Die getal van die berede soldate was tweehonderd miljoen (200 0000)! Ek het hulle getal gehoor.
17 Op hierdie manier het ek in die visioen die perde gesien en die wat op hulle sit, met borsplate van vuur, jakinth en swael. Die koppe van die perde was soos leeukoppe en vuur, swael en rook het uit hulle bekke uitgegaan.
18 Deur hierdie drie plae is ’n derde van die mense doodgemaak deur die vuur, die rook en die swael wat uit hulle bekke uitgegaan het,
19 want die outoriteit van die perde is in hulle bekke en in hulle sterte.Ps 115:4-7; Ps 135:15-17; Dan 5:23 of om demone en afgode van goud, silwer, koper, hout en klip, wat nie kan sien, hoor of beweeg, te aanbid nie
20 Die res van die mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het ook nie weggedraai van die werke van hulle hande nie,
21 en nie weggedraai van hulle moorde, hulle toordery, heksery en van hulle seksuele immoraliteit nie.