1 Ek het ’n ander engel uit die hemel sien afkom. Hy was aangetrek met ’n wolk, met ’n reënboog in die lug oor sy kop; hy het gelyk soos die son en sy bene soos pilare van vuur
2 en in sy hand het hy ’n klein boekrolletjie gehad, wat oop was en hy het sy regtervoet op die see gesit, maar sy linkervoet op die land.
3 Hy het met ’n harde stem uitgeroep, soos ’n leeu wat brul en nadat hy uitgeroep het, het sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
4 Toe die sewe donderslae gepraat het, was ek gereed om te skryf, maar ek het ’n stem uit die hemel, die sewende engel, vir my hoor sê: “Verseël dit wat die sewe donderslae gesê het en skryf dit nie op nie.”
5 Die engel wat ek op die see en op die droë land sien staan het, het sy hand na die hemel opgeligDeut 32:40; Dan 12:7 Hy wat die hemele en wat daarin is, die aarde en wat daarin is en die see en wat daarin is geskape het -dat daar weer nie tyd sal wees nie,Neg 9:6; Eks 20:11; Ps 146:6
6 en gesweer by Hom wat vir tydlose ewigheid lewe -
7 maar in die dae wanneer die sewende engel geblaas het, is die geheime van God voltooi, wat Hy verkondig het aan Sy diensknegte, die profete.