5 Sy het geboorte gegee aan die Seun,
6 Die vrou het na die wildernis gevlug, waar die plek was wat God vir haar voorberei het sodat sy vir eenduisend twee honderd en sestig dae lank versorg sou word.
7 Daar was oorlog in die hemel: Mikha’el en sy engele het oorlog gevoer teen die draak en die draak en sy engele het baklei
8 en hulle kon nie uithou nie en daar kon ook nie ’n plek vir hulle in die hemel gevind word nie.
9 Die groot draak is neergegooi, die hoof slang wat die valse aanklaer en die teëstander genoem word, wat die hele wêreld verlei, is neergegooi op die aarde en sy engele saam met hom.
10 Ek het ’n harde stem vanuit die hemel hoor sê: “Nou is die bevryding, die krag en die koningskap vanaf ons God, want die aanklaer van ons broers is neergegooi, hy wat hulle dag en nag beskuldig het voor ons God
11 en hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die boodskap van Sy getuienis en hulle het hulle lewe, tot die dood toe, nie liefgehad nie.