12 Dit sal al die outoriteit van die eerste dier uitoefen in sy teenwoordigheid en hy sal maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier waarvan die dodelike wond genees is, ook aanbid.
13 Hy sal ook groot wondertekens voor die mense doen, soos om vuur uit die hemel op die aarde te laat afkom
14 en dit sal dié wat op die aarde bly mislei, deur die wondertekens wat aan hom gegee is om in die teenwoordigheid van die dier te doen, deur aan dié wat op die aarde bly te sê dat hulle ’n beeld moet maak van die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
15 Dit is vir hom gegee om ’n gees aan die gevaarlike dier se beeld te gee en te veroorsaak dat almal wat die dier se beeld nie aanbid nie, vermoor word.Eks 13:9,16; Deut 6:8
16 Dit sal aan almal: klein, groot, die rykes, die armes, die vrymense en die slawe, ’n seël op hulle regterhand of op hulle voorkoppe, gee
17 sodat niemand weer kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat sy merk het: die karakter en outoriteit (naam) van die gevaarlike dier, of die getal van sy naam.
18 Hier is wysheid: wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ’n mens en sy getal is ses honderd ses en sestig (666).