4 en die draak aanbid, wat vir die dier outoriteit gee. Hulle het die dier aanbid en gesê: “Wie is soos hierdie dier? Wie kan teen hom oorlog maak?”Dan 7:25
5 ’n Mond wat groot woorde praat en kwaadpraat teen God is aan dit gegee en dit is die outoriteit gegee om vir twee en veertig maande lank te werk.
6 Dit het sy mond oopgemaak om kwaad te praat voor God, van Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en die blyplek van dié wat in die hemel bly.
7 Dit is ook vir hom gegee om oorlog te maak teen die afgesonderdes en hulle te verslaan en aan hom is outoriteit gegee oor alle stamme, volke, tale en nasies
8 en almal wat op die aarde bly sal hom aanbid, almal wat nie van voor die oorsprong van die wêreld opgeskryf is in die boekrol van Lewe, dié van die neergeslaande Lam, nie.
9 Die een wat ’n oor het, laat hom luister.
10 Wie ook al in ballingskap wegvoer, sal in ballingskap gaan; die wat met die swaard doodmaak, sal met die swaard doodgemaak word. Hierin is die vertroue en die volharding van die afgesonderdes.