1 Ek het gesien, let op, die Lam staan op die berg Tziyon en saam met Hom een honderd vier en veertig duisend met Sy Karakter en Outoriteit (Naam) en die Karakter en Outoriteit (Naam) van Sy Vader tussen hulle oë geskryf.Yeg 1:24; Yeg 43:2 en soos die geluid van harde donderslae en ek het die geluid gehoor van ’n harpspeler wat op sy harp speel
2 Ek het ’n geluid vanaf die hemel gehoor soos die geluid van baie waters
3 en hulle het ’n nuwe lofprysingslied voor die troon gesing, voor die vier wesens en voor die oudstes en niemand kon die lied leer nie, behalwe die een honderd vier en veertig duisend wat vanaf die aarde vrygekoop is.
4 Dit is hulle wat hulself nie met vroue besoedel het nie en maagdelik is; dit is hulle wat vashou aan die Lam, waar Hy ook al heengaan; dit is hulle wat gekoop is vanuit die mense, as eerste vrugte vir God en vir die Lam,Tz’f 3:13 want hulle is sonder fout.