14 Let op, daar was ’n wit wolk en op die wolk sit een wat lyk soos ’n man, met ’n goue kroon op sy kop en in sy hand ’n skerp sekel.Yo’el 3:9-13; Yes 63:1-6; Yir 25:15, 28-30 ’n Ander engel het uit die tempel uitgekom en met ’n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: “Stuur jou sekel en maai, want die tyd het gekom om te oes.”
15 (vs. 15-20)
16 Hy wat op die wolk sit, het sy sekel op die aarde ingesteek en die aarde is afgeoes.
17 ’n Ander engel het uit die tempel, wat in die hemel is, uitgegaan en hy het ’n skerp sekel gehad.
18 ’n Ander engel wat outoriteit oor vuur gehad het, het vanuit die altaar uitgegaan en met ’n harde stem geroep na hom wat die skerp sekel het en gesê: “Stuur jou skerp sekel uit en maak die trosse van die wingerdstok van die aarde bymekaar, want sy druiwe is groot.”
19 Die engel het sy sekel op die aarde ingesteek en die wingerdstokke van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die wraak van God
20 en die parskuip is buitekant die stad getrap en bloed het uit die parskuip gekom tot by die tome van die perde, vir twee honderd en veertig kilometer ver.