2 Die eerste het gegaan en sy fles op die aarde uitgegooi en kwaadaardige en pynlike swere
3 Die tweede engel het sy fles in die see uitgegooi en die see het soos dood geword en alle lewende diere in die see het doodgegaan.
4 Die derde engel het sy fles in die riviere en in die waterfonteine uitgegooi en dit het bloed geword
5 en ek het die engel van die waters hoor sê: “U wat is en wat was is Regverdig en Afgesonderd; U wat hierdie dinge beveel het,Yes 49:26
6 want hulle het die bloed van afgesonderdes en profete laat vloei en U het vir hulle bloed gegee om te drink, wat hulle verdiende loon is.”
7 Ek het die altaar hoor sê: “Ja, יהוה-God, wat alles vashou, waar en onpartydig opreg is U oordele.”
8 Die vierde engel het sy fles oor die son uitgegooi en aan hom is gegee om die mense met vuur te verbrand.