12 Die tien horings is tien konings wat nog nie ’n koninkryk ontvang het nie, maar wat outoriteit vir een uur lank, as koning, saam met die dier neem.
13 Hulle sal in eenheid wees en hulle krag en outoriteit oorgee aan die dier.
14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer en die Lam sal hulle oorwin, want Hy is die Meester van die meesters en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, is geroep, gekies en vertrouenswaardig.”
15 Hy sê vir my: “Die waters wat jy gesien het, waarop die hoer sit, is volke, stamme, nasies en tale
16 en die tien horings wat jy op die gevaarlike dier gesien het, hulle sal die hoer haat, haar verstoot, kaal maak, haar vleis verslind en haar met vuur verbrand,
17 want God het dit in hulle verstand, wil en emosie gegee om Sy wil te doen en om hulle doel saam uit te voer en hulle koninkryk aan die dier te gee totdat die woorde van God volledig uitgevoer is.
18 Die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heers oor die konings van die aarde.”Yeg 27-28