16 en hulle het gesê: ‘Helaas, helaas, die groot stad wat aangetrek was in fyn linne, purper en skarlaken en versier is met goud, edelgesteentes en pêrels,
17 want in een uur is die rykdom verlore!’ Elke navigator, skeepskaptein, mense op die skepe en wie ook al op die see werk, het ver weg gaan staan
18 en oor haar gerou toe hulle die rook van haar verbranding sien en gesê: ‘Wie is soos die groot stad?’
19 Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskree terwyl hulle gehuil, getreur en gesê het: ‘Helaas, helaas, die groot stad, waardeur dié wat skepe op die see het, ryk geword het, deur haar grootsheid wat in een uur verwoes is!”
20 Verheug jou oor haar, hemel, afgesonderdes, uitgestuurdes en profete, want God het haar oordeel oor julle veroordeel!
21 Een van die magtige engele het ’n groot klip, soos ’n groot meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: ‘Met sulke geweld sal Bavel, die groot stad, neergegooi word en nooit weer bestaan nie
22 en die klank van snaarinstrumente, ramshorings, verskillende sangers en gejubel sal nooit weer in jou gehoor word nie.