1 Ná hierdie dinge het ek die klank van baie menigtes in die hemel gehoor wat sê: “Lofprys יהוה helder en duidelik! (Halleluyah!) Die loskoping, eer, lof, aanbidding en krag behoort aan ons God,
2 want Sy oordele is waar, onpartydig opreg omdat Hy die groot hoer veroordeel het, wat die aarde met haar hoereerdery korrup gemaak het en Hy het die bloed van Sy slawe van haar hande geëis.”
3 Vir die tweede maal het hulle gesê: “Lofprys יהוה helder en duidelik! (Halleluyah!) Haar rook styg op vir tydlose ewigheid.”
4 Die vier en twintig ouderlinge en die vier wesens het neergeval en ons God, wat op die troon sit, aanbid en gesê: “Dit is waar! Lofprys יהוה alleen!”
5 ’n Stem vanaf die troon het gesê: “Lofprys ons God, al Sy werke en aanbidders van Sy Karakter en Outoriteit (Naam), almal, klein en groot!”Yeg 1:24 wat sê: “Lofprys יהוה alleen, want יהוה-God, wat alles vashou, heers.Ps 103:19; Ps 145:13; Yes 2:2-4; Yes 9:5-6; Yes 11:6-9; Mik 4:1-4