14 maar Ek het sekere dinge teen jou: dat jy mense daar het wat vashou aan die leer van Bil’am, wat vir Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Yisra’el te gooi, om offers aan afgode te eet en om seksueel immoreel te wees.
15 Jy het ook, net so, mense wat vashou aan die leer van Nikolaita.
16 Draai daarom terug, anders kom Ek dadelik op jou af en sal met die swaard van My mond teen julle oorlog maak.”
17 Hy wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê: “Aan hom wat die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die versteekte ‘man hu’ en Ek sal vir hom ’n wit klippie gee en op dié klippie is ’n nuwe naam (karakter en outoriteit) geskryf wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit kry”.’
18 Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Thuateira is: ‘Dít sê die Seun van God; Hy wat oë het soos vlamme van vuur en voete soos brons van die L’vanon:
19 “Ek ken jou dade, jou liefde, jou vertroue, jou dienswerk, jou volharding en dat jou dade nou meer is as aan die begin,1 Tim 2:12 en hulle te mislei om seksueel immoreel te wees en om offers aan afgode te eet
20 maar Ek het baie teen jou, want jy laat jou vrou, Izevel, wat van haarself sê dat sy ’n profetes is, toe om My diensknegte te leer