5 Hierdie is die eerste opstanding.Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kef 2:9 en sal saam met Hom vir ’n duisend jaar lank regeer.
6 Geseënd en afgesonderd is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood geen outoriteit nie, maar hulle sal priesters van God en van Die Gesalfde Een wees
7 Wanneer die duisend jaar verby is, sal die teëstander uit sy gevangenis vrygelaat word
8 en hy sal uitgaan om die nasies vanuit die vier hoeke van die aarde te verlei, Gog en die Magog, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog, hulle wat soveel is as die sand van die see.Yeg 38:22; Yeg 39:6
9 Hulle het opgetrek vir oorlog oor ’n oop deel van die aarde en die stad van die kamp van die afgesonderdes en die stad vir wie ons lief is, omsingel en vuur het vanaf God uit die hemel afgekom en hulle verbrand.
10 Die valse aanklaer, hulle misleier, is in die meer van vuur en swael gegooi, waarin die dier en die vals profeet is en hulle sal dag en nag gepynig word, vir tydlose ewigheid.
11 Ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor Wie se Teenwoordigheid die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie.Mal 3:16; Ps 69:29; Ps 139:16; Dan 12:1; Fil 4:3