11 Dit het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God gehad en sy lig was soos edelstene, rooi-kwarts-jaspis, wat lyk soos ’n kristal.
12 Dit het ook ’n groot, hoë muur met twaalf poorte gehad en by die poorte twaalf engele en hulle name is geskryf, die name van die twaalf stamme van Yisra’el.Yeg 48:31-34
13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte en aan die westekant drie poorte
14 en die muur van die stad het twaalf fondamente gehad en daarop was die name van die twaalf afgevaardigdes van die Seun.
15 Hy wat met my gepraat het, het ’n goue meetriet gehad, om die stad en sy muur te meet
16 en die stad het in ’n vierkant gelê en sy lengte was net so groot soos sy breedte. Hy het die stad met die riet gemeet op twaalf duisend stadië; sy lengte en breedte en hoogte was dieselfde.
17 Hy het sy muur gemeet op een honderd vier en veertig el (65 meter), volgens ’n mens se maat, wat die maat is wat die engel gebruik het.