19 en die fondasie van die muur van die stad is versier met edelgesteentes. Die eerste fondasie is rooi-blou-geel-jaspis-kwarts, die tweede saffier, die derde wit-kalsedoon, die vierde smarag,
20 die vyfde rooi en wit sardius en gestreepte oniks, die sesde rooi en wit sardius, die sewende klip van goud, die agtste beril, die negende topaas, die tiende groen-goud krisopraas, die elfde donkerblou hiasint en die twaalfde ametís.
21 Die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte is gemaak uit een pêrel en die straat van die stad is suiwer goud, asof daar glas in isHeb 9:11
22 en ek het nie die tempel daarin gesien nie, want יהוה-God, wat alles vashou, is sy tempel.
23 Vir die stad en die Lam is die son of die maan nie nodig om te skyn nie, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God verlig dit en die Lam is sy lamp
24 en die nasies leef in Sy lig en die konings van die aarde bring eer, lof en grootheid aan die stad.
25 Sy poorte sal nooit bedags gesluit word nie, want daar sal nie nag wees nie.