1 Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Sardis is: ‘Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en sewe sterre het: “Ek ken jou dade, dat jy ’n naam het dat jy leef, maar dat jy dood is.
2 Wees waaksaam en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om dood te gaan, want Ek het jou dade onvolmaak voor God gevind.1 Thes 5:2; 2 Kef 3:10
3 Onthou hoe jy ontvang en gehoor het en doen dít en keer terug. As jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ’n dief en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou sal afkom nie,
4 maar daar is vir My ’n paar name in Sardis wat nie hulle klere bevuil het nie en hulle loop voor My in wit klere en hulle is waardig.
5 Hy wat op hierdie manier volhard totdat die oorwinning behaal is, sal aangetrek word met wit klere en Ek sal nie sy naam uitvee uit die boekrol van die lewe nie en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.