14 Skryf vir die boodskapper van die gemeente van die Laodikeine: ‘Dít sê die Versekerde Waarheid, die Vertrouenswaardige en ware Getuie en die Hoof van die skepping van God:
15 Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie, want dit is nodig dat jy of koud sal wees, of warm
16 en jy is lou en nie koud of warm nie. Ek gaan jou uit My mond uitspoeg,Deut 8:17,18; Yir 9:22,23; Hos 12:9 en het niks nodig nie’ en jy verstaan nie dat jý siek, bejammeringswaardig, arm en kaal is nie.
17 want jy sê: ‘Ek is ryk en welvarend
18 Ek beveel aan dat jy van My goud, wat deur vuur gesuiwer is, koop sodat jy voorspoedig kan word en wit klere sodat jy jou kan aantrek en die skande van jou kaalheid nie gewys word nie en oogsalf om jou te salf sodat jy kan sien.
19 Ek bestraf en dissiplineer dié wat Ek liefhet. Wees daarom ywerig en keer terug.
20 Let op, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en luister en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom eet en hy met My.