7 Skryf aan die boodskapper van die gemeente in Filadelfeia: Dít sê HaKadosh (die Afgesonderde Een), die Waarheid; Hy wat die sleutel van Dawid het; Die Een wat oopmaak en daar is niemand wat sluit nie en sluit en daar is niemand wat oopmaak nie.
8 “Ek ken jou dade. Let op, Ek het voor jou ’n oop deur gegee en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het My boodskap uitgevoer en My Karakter en Outoriteit (Naam) nie verwerp nie.
9 Let op, Ek kies uit die bymekaarkomplek van die teëstander, van dié wat van hulleself sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg. Let op, Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerval en weet dat Ek jou liefhet
10 omdat jy My boodskap van volharding uitgevoer het, sal Ek jou ook beskerm in die tyd van toetsing, wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde te toets.
11 Ek kom gou! Hou vas wat jy het, dat iemand nie dalk jou kroon wegvat nie.
12 Wie volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek ’n pilaar in die tempel van God maak en hy sal daar nie weer uitgaan nie en Ek sal op hom die Naam van My God en die naam van die stad, die nuwe Yerushalayim, wat vanaf My God afdaal en My nuwe Naam, skryf.
13 Die een wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.’