6 Voor die troon was daar ’n see van glas wat soos kristal gelyk het en in die middel, rondom die troon, was daar vier wesens vol oë van voor en van agter.Yeg 1:5
7 Die eerste wese was soos ’n leeu, die tweede wese het gelyk soos ’n kalf, die derde wese het ’n gesig gehad soos van ’n mens en die vierde wese het gelyk soos ’n arend wat vlieg.Eks 3:14
8 Die vier wesens het gestaan en elkeen het ses vlerke aangeheg gehad, wat rondom en van binne vol oë was en hulle het dag en nag nie stilgebly nie en gesê: “Afgesonderd, Afgesonderd, Afgesonderd is יהוה-God wat alles vashou; Hy wat is en wat was en wat kom!”
9 Wanneer die wesens eer, lof, aanbidding, waarde en aanvaarding van onverdiende guns gee aan Hom wat op die troon sit, wat vir tydlose ewigheid lewe, dit is waar,
10 val die vier en twintig oudstes neer voor Hom wat op die troon sit en aanbid die Lewende Een tot in tydlose ewigheid, dit is waar. Hulle gooi hulle krone voor die troon terwyl hulle sê:
11 “U is waardig, ons Meester en ons God, om die eer, lof, aanbidding en die krag te ontvang, want U het alles geskep en vir U plesier bestaan hulle en is hulle geskep.”