7 Hy het gekom en die boekrol gevat uit die hand van Hom wat op die troon sit.
8 Toe Hy die boekrol ontvang het, val die vier wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met ’n snaarinstrument en ’n goue bak vol soet speserye, wat die gebede van die afgesonderdes is,Ps 98:1 en sê: “U is waardig om die boekrol op te tel en sy seëls los te maak, want U is doodgemaak en het ons vanuit elke stam, volk en nasie, met U bloed, vir God losgekoop
9 wat ’n nuwe lofprysingslied singGen 1:26,28; Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kef 2:5,9
10 en U het hulle, vir ons God se Koninkryk, priesters en konings gemaak en hulle sal oor die aarde heers.”
11 Ek sien en hoor die stemme van baie engele rondom die troon en van die wesens en die ouderlinge en hulle getalle was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende
12 en hulle het met ’n harde stem gesê: “Die Lam wat doodgemaak is, is waardig om die krag, rykdom, wysheid, mag, eer, lof, grootheid en seën te ontvang.”Dan 7:9-14
13 Elke skepsel wat in die hemel, op die aarde, onder die aarde en in die see is; alles wat daarin is, het ek gehoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam: Seën, eer, lof, grootheid en heerskappy vir tydlose ewigheid!”