2 Ek het gehoor en gesien, let op, daar was ’n wit perd en hy wat daarop sit, het ’n boog en aan hom is ’n kroon gegee en hy het uitgegaan om te oorwin en het oorwin en oorwinning gegee.
3 Toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede wese sê: “Kom!”
4 ’n Perd, ’n rooie, het uitgegaan en aan hom wat daarop sit, is gegee om die vrede van die aarde af weg te vat sodat elkeen sou doodmaak en ’n groot swaard is aan hom gegee.
5 Toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde wese sê: “Kom!” Let op, ’n swart perd en hy wat daarop sit, het ’n weegskaal in sy hand