7 Toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde wese sê: “Kom!”
8 Ek het gesien en let op, daar was ’n bleek perd en hy wat daarop sit se karakter en outoriteit is ‘Dood’ en Sh’ol het by hom aangesluit. Aan hom is outoriteit gegee om ’n kwart van die wêreld dood te maak met die swaard, hongersnood, dodelike siektes en deur die wilde diere van die aarde.
9 Toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die geeste van dié wat vermoor is ter wille van die boodskap van God en ter wille van die getuienis wat hulle van Yeshua gehad hetPs 79:10
10 en hulle het met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “יהוה, Afgesonderd en Waar, hoe lank nog voordat U die inwoners van die aarde gaan oordeel en terugbetaal vir ons bloed?”
11 Aan elkeen van hulle is lang wit klere gegee en gesê dat hulle nog ’n klein rukkie moes rus totdat die volle getal van hulle deelgenote en broers, wat ook nog doodgemaak sou word, net soos hulle, bereik sou word.
12 Ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het en daar het ’n groot aardbewing gekom, die son het swart geword soos ’n harige sak, die maan het volkome soos bloed geword,
13 die sterre van die hemel het bo die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy na-vye laat afval;