10 en hulle het met ’n harde stem geroep en gesê: “Verlossing behoort aan ons God, aan Hom wat op die troon sit, aan die Lam!”
11 Al die engele het rondom die troon, die oudstes en die vier wesens gestaan en hulle het voor die troon op hulle gesigte neergeval,
12 terwyl hulle sê: “Dit is waar! Die lof, eer, aanbidding, seën, wysheid, aanvaarding van onverdiende guns, die krag en die sterkte behoort aan ons God tot in tydlose ewigheid! Dit is waar.”
13 Een van die oudstes het reageer en vir my gesê: “Wie is hulle wat met wit klere aangetrek is en van waar het hulle gekom?”Dan 12:1 en hulle het hul klere gewas en wit gemaak in die bloed van die Lam
14 Ek sê vir hom: “Meneer, u weet.” En hy sê vir my: “Dit is hulle wat uit groot lyding komYeg 37:27
15 en is daarom voor die troon van God en dien Hom dag en nag in die tempel en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly.Yes 49:10
16 Hulle sal nooit honger wees en nooit dors hê nie en nie die son of enige hitte sal op hulle brand nie,Yes 49:10; Yeg 34:23