17 want die wet is via Moshe gegee; die onverdiende guns en die waarheid het via Yeshua, Die Gesalfde Een, bestaan.
18 Niemand het God nog ooit gesien nie, maar die enigste Uniekgeborene van God, wat aan die bors van die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.
19 Dit is die getuienis van Yoganan, toe die Jode priesters en Leviete uit Yerushalayim gestuur het om hom te vra: “Wie is u?”
20 Hy het erken en nie ontken nie, maar erken: “Ek is nie Die Gesalfde Een nie.”Deut 18:15-22
21 Hulle vra hom weer: “Wie dan? Is u Eliyahu?” Hy sê: “Ek is nie.” “Is u die profeet?” Hy antwoord: “Nee.”
22 Hulle vra vir hom: “Wie is u dan sodat ons ’n verklaring kan gee aan dié wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?”Mal 3:1; Mat 3:3 soos Yesha’yahu, die profeet, gesê het!”Yes 40:3
23 Hy sê: “Ek is die stem van een wat roep in die wildernis: ‘Berei die pad van יהוה voor,’