24 Die wat gestuur is, was uit die Fariseërs
25 en hulle vra hom en sê vir hom: “Hoekom doop u dan as u nie Die Gesalfde Een of Eliyahu of die profeet is nie?”
26 Yoganan antwoord hulle en sê: “Ek doop in water, maar Hy staan tussen julle vir Wie julle nie ken nie,
27 dit is Hy wat ná my kom en Hyself was voor my, Wie se sandaalband ek nie waardig is om los te maak nie.”
28 Dit het gebeur by Beit-Anyah, aan die oorkant van die Yarden, waar Yoganan besig was om te doop.
29 Die volgende dag sien Yoganan vir Yeshua na hom toe kom en hy sê: “Let op, Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld verwyder!
30 Dit is Hy van Wie ek gesê het: ‘Die Man wat ná my kom, Hy was voor my, want Hy is belangriker as ek.’