31 Ek het Hom nie geken nie, maar ek het gekom en in water gedoop sodat Hy aan Yisra’el gemanifesteer sou word.”
32 Yoganan het getuig en gesê: “Ek het die Gees soos ’n duif uit die hemel sien afkom en op Hom bly.Mat 3:16; Mar 1:10; Luk 3:22
33 Ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Hy op Wie jy die Gees sien afkom en bly, dit is Hy wat in die Gees van Afsondering doop’
34 en ek hét gesien en getuig dat hiérdie die Seun van God is.”
35 Op ’n ander dag het Yoganan weer daar gestaan met twee van sy studentevolgelinge
36 en hy sien Yeshua loop en sê: “Let op, die Lam van God!”
37 Die twee studentevolgelinge het hom dit hoor sê en Yeshua gevolg.