33 Ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Hy op Wie jy die Gees sien afkom en bly, dit is Hy wat in die Gees van Afsondering doop’
34 en ek hét gesien en getuig dat hiérdie die Seun van God is.”
35 Op ’n ander dag het Yoganan weer daar gestaan met twee van sy studentevolgelinge
36 en hy sien Yeshua loop en sê: “Let op, die Lam van God!”
37 Die twee studentevolgelinge het hom dit hoor sê en Yeshua gevolg.
38 Yeshua het omgedraai en hulle gesien wat Hom volg en vir hulle gevra: “Wat soek julle?” Hulle antwoord Hom: “Leermeester, waar is U tuis?”
39 Hy sê vir hulle: “Kom kyk.” Hulle het gegaan en gesien waar Hy bly en dié dag by Hom gebly. Dit was omtrent die tiende uur (vieruur).