39 Hy sê vir hulle: “Kom kyk.” Hulle het gegaan en gesien waar Hy bly en dié dag by Hom gebly. Dit was omtrent die tiende uur (vieruur).
40 Andreas, die broer van Shim’on, was self een van hulle wat dit by Yoganan gehoor en Hom gevolg het.
41 Hy het eerste vir Shim’on, sy broer, gesien en vir hom gesê: “Ons het Die Gesalfde Een gevind.”
42 Hy het hom na Yeshua toe gebring en Yeshua het na hom gekyk en gesê: “Jy is Shim’on, die seun van Yoganan; jy sal Kefa genoem word.”
43 Die volgende dag wou Yeshua na die Galil gaan en Hy ontmoet vir Filippos en sê vir hom: “Volg My.”
44 Filippos was van Beit-Tzaidah, die stad van Andreas en Kefa.
45 Filippos het vir Natan’el gekry en vir hom gesê: “Ons het Hom gevind van Wie Moshe in die wet en van Wie ook die profete geskryf het. Hy is Yeshua, die seun van Yosef van Natzeret.”