11 אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die goeie Herder.
12 maar die huurling wat nie ’n herder is nie, wanneer hy ook al die wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg,
13 maar die huurling hardloop weg omdat hy ’n huurling is en nie vir die skape omgee nie en die wolf kom bytend na die skape en jaag hulle uitmekaar.
14 אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die goeie Herder, Ek ken My eie en My eie ken My,
15 net soos My Vader My ken en Ek My Vader ken en Ek My lewe aflê ter wille van die skape,Gen 12:3; Gen 18:14; Gen 26:4; Yes 11:10; Yes 54:1-3; `Am 9:11
16 maar Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook bring. Hulle sal ook na My stem luister en die ganse kudde sal een wees met een Herder;
17 daarom is die Vader tevrede met My omdat Ek My lewe aflê om dit weer op te neem.