18 Die rede hoekom die groot skare mense voor Hom uitgegaan het, is omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie wonderteken gedoen het.
19 Die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Sien julle dat julle geen vordering maak nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.”
20 Daar was ook nie-Jode onder díe wat opgekom het om op die fees te aanbid.
21 Hulle het na Filippos gegaan wat van Beit-Tzaidah, in die Galil, was en hom gevra en gesê: “Meneer, ons wil graag vir Yeshua sien.”
22 Filippos kom en sê dit vir Andreas en Andreas en Filippos vertel dit weer vir Yeshua.
23 Yeshua antwoord hulle en sê: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens vereer en geloof moet word.1 Kor 15:36-44
24 Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: as die graankorrel nie in die grond val en doodgaan nie, bly dit alleen, maar as dit doodgaan, dra dit baie vrug.