19 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur sodat wanneer dit gebeur, julle kan vertrou: אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees.
20 Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.”
21 Nadat Yeshua dit gesê het, het Hy in Sy Gees kragtig ontsteld geword en getuig en gesê: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: een van julle sal My uitlewer.”
22 Hierop het die studentevolgelinge na mekaar gekyk omdat hulle nie geweet het van wie Hy dit gesê het nie.
23 Een van Sy studentevolgelinge, hy vir wie Yeshua liefgehad het, het aan die tafel teen die bors van Yeshua aangelê.
24 Shim’on Kefa beduie vir hom dat hy moet uitvind wie dit is van wie Hy praat
25 en hy het teen die bors van Yeshua geval en vir Hom gesê: “My Meester, wie is dit?”