21 Nadat Yeshua dit gesê het, het Hy in Sy Gees kragtig ontsteld geword en getuig en gesê: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: een van julle sal My uitlewer.”
22 Hierop het die studentevolgelinge na mekaar gekyk omdat hulle nie geweet het van wie Hy dit gesê het nie.
23 Een van Sy studentevolgelinge, hy vir wie Yeshua liefgehad het, het aan die tafel teen die bors van Yeshua aangelê.
24 Shim’on Kefa beduie vir hom dat hy moet uitvind wie dit is van wie Hy praat
25 en hy het teen die bors van Yeshua geval en vir Hom gesê: “My Meester, wie is dit?”
26 Yeshua antwoord en sê: “Dit is die een aan wie Ek die stukkie brood sal gee as Ek dit ingedoop het.” Hy doop die stukkie brood in en gee dit aan Y’hudah, die seun van Shim’on, van K’riot.
27 Na die brood het die teëstander in hom ingegaan en Yeshua sê vir hom: “Wat jy doen, doen dit gou.”