27 Na die brood het die teëstander in hom ingegaan en Yeshua sê vir hom: “Wat jy doen, doen dit gou.”
28 Niemand, van die wat aan tafel was, het verstaan waarom Hy dit vir hom gesê het nie,
29 want die manne het gedink omdat Y’hudah die beurs gehou het dat Yeshua vir hom sê: ‘Koop wat ons nodig het vir die fees;’ of dat hy iets aan die armes moes gee.
30 Y’hudah het net nadat hy die stukkie brood geneem het, dadelik uitgegaan en dit was nag toe hy uitgegaan het.
31 Toe hy uit was, sê Yeshua: “Nou is die Seun van die mens vereer en geprys en God is in Hom vereer en geprys.
32 As God in Hom vereer en geprys is, sal God Hom ook in Homself vereer en prys en Hom onmiddellik vereer en prys.
33 My kinders, nog ’n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek en soos Ek vir die Jode gesê het: ‘Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie;’ so sê Ek nou ook vir julle.Lev 19:18 net soos Ek julle liefgehad het, so moet julle ook mekaar liefhê.