5 אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Wingerdstok, julle is die takke. Wie voortdurend in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
6 As ’n sekere persoon nie voortdurend in My bly nie, word hy buite weggegooi soos ’n tak en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur om te verbrand.
7 As julle voortdurend in My bly en wat Ek gesê het in julle, sal julle vra net wat julle wil en dit sal vir julle gedoen word.
8 Hierin is My Vader vereer en geloof deurdat julle baie vrugte dra en so sal julle My studentevolgelinge wees.
9 Net soos die Vader My voortdurend liefhet, het Ek julle ook net so voortdurend lief. Hou aan in My vriendskap.
10 As julle My opdragte uitvoer, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die opdragte van My Vader uitvoer en in Sy liefde bly.
11 Dit het Ek vir julle gesê sodat My vreugde voortdurend in julle kan bly en julle vreugde volledig kan wees.