9 sodat die woord vervul sou word wat Hy gesê het: “Uit die wat U My gegee het, het Ek nie een verloor nie.”
10 Shim’on Kefa het ’n swaard gehad, dit uitgetrek en die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy regteroor afgekap. Die naam van die slaaf was Melekh (Ar. Malka).
11 Hierop sê Yeshua vir Kefa: “Steek jou swaard in die skede. Sal Ek dan nie die beker, wat die Vader My gegee het, drink nie?”
12 Toe het die afdeling soldate, hulle bevelvoerder en die tempelwagte van die Jode Yeshua gegryp, Hom vasgebind
13 en Hom weggelei, eers na Hanan, want Hy was die skoonvader van Kayafa, wat daardie jaar hoofpriester was.
14 Dit was Kayafa wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man in die plek van die volk doodgemaak word.
15 Shim’on Kefa en ’n ander studentevolgeling het Yeshua gevolg. Die ander studentevolgeling was bekend by die hoofpriester en het saam met Yeshua ingegaan in die binneplaas van die hoofpriester,