10 Hierop sê Pilatos vir Hom: “Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek outoriteit het om U dood te maak aan die kruis en outoriteit het om U los te laat nie?”
11 Yeshua antwoord: “U sou geen outoriteit oor My hê as dit nie van bo vir u gegee is nie; daarom het hy wat My aan u oorgee, groter sonde as u.”
12 Hierop het Pilatos probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskree en gesê: “As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, is in opstand teen die keiser.”
13 Toe Pilatos dit hoor, het hy Yeshua buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, maar in Hebreeus ‘Gabta.’
14 Dit was omtrent sesuur (dagbreek) en die voorbereiding vir die Pesag en hy sê vir die Jode: “Let op, hier is julle Koning!”
15 Hulle roep egter uit: “Vat Hom weg, vat Hom weg, kruisig Hom, kruisig Hom!” Pilatos vra vir hulle: “Moet ek julle Koning kruisig?” Die leierpriesters antwoord: “Ons het geen koning behalwe die keiser nie.”
16 Toe het hy Hom aan hulle oorgegee om aan ’n kruis doodgemaak te word. Hulle het Yeshua gevat en Hom weggelei.