23 Nadat die soldate Yeshua gekruisig het, vat hulle Sy klere en deel dit in vier; vir elke soldaat ’n deel, maar die onderkleed was oor. Die onderkleed was sonder ’n naat, van bo af in een stuk geweef.Ps 22:19 Hierdie dinge het die soldate gedoen.
24 Hieroor het hulle vir mekaar gesê: “Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees” sodat die Skrif vervul sou word wat sê: “Hulle het My klere onder mekaar verdeel en oor My gewaad het hulle die lot gewerp.”
25 Naby Yeshua se kruis het Sy moeder, Sy moeder se suster, Miryam - die vrou van K’lofah en Miryam van Migdala gestaan.
26 Yeshua het Sy moeder en die studentevolgeling wat Hy liefgehad het, by haar sien staan en Hy sê vir sy moeder: “Vrou, let op, hy is U seun!”
27 Daarop sê Hy vir die studentevolgeling: “Let op, sy is jou moeder!” Van daardie oomblik af het die studentevolgeling haar by homself ontvang (ingeneem).
28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles reeds tot sy doel gebring is sodat die Skrif vervul sou word, het Yeshua gesê: “Ek is dors!”
29 Daar het ’n houer vol suurwyn gestaan en hulle het ’n spons vol suurwyn gemaak en hisop omgebind en na Sy mond toe gebring.