25 Naby Yeshua se kruis het Sy moeder, Sy moeder se suster, Miryam - die vrou van K’lofah en Miryam van Migdala gestaan.
26 Yeshua het Sy moeder en die studentevolgeling wat Hy liefgehad het, by haar sien staan en Hy sê vir sy moeder: “Vrou, let op, hy is U seun!”
27 Daarop sê Hy vir die studentevolgeling: “Let op, sy is jou moeder!” Van daardie oomblik af het die studentevolgeling haar by homself ontvang (ingeneem).
28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles reeds tot sy doel gebring is sodat die Skrif vervul sou word, het Yeshua gesê: “Ek is dors!”
29 Daar het ’n houer vol suurwyn gestaan en hulle het ’n spons vol suurwyn gemaak en hisop omgebind en na Sy mond toe gebring.
30 Toe Yeshua die suurwyn ontvang het, sê Hy: “Dit is afgehandel!” Hy het Sy kop afgebuig en Sy Gees oorgegee.Deut 21:22-23 het die Jode Pilatos gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggevat moes word.
31 Sodat die liggame nie op die Shabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereidingsdag was, want die komende dag was ’n spesiale Shabbat,