28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles reeds tot sy doel gebring is sodat die Skrif vervul sou word, het Yeshua gesê: “Ek is dors!”
29 Daar het ’n houer vol suurwyn gestaan en hulle het ’n spons vol suurwyn gemaak en hisop omgebind en na Sy mond toe gebring.
30 Toe Yeshua die suurwyn ontvang het, sê Hy: “Dit is afgehandel!” Hy het Sy kop afgebuig en Sy Gees oorgegee.Deut 21:22-23 het die Jode Pilatos gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggevat moes word.
31 Sodat die liggame nie op die Shabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereidingsdag was, want die komende dag was ’n spesiale Shabbat,
32 Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom aan die kruis doodgemaak is,
33 maar toe hulle by Yeshua kom en sien dat Hy reeds dood is, het hulle nie Sy bene gebreek nie,
34 maar een van die soldate het met ’n spies in Sy sy ingesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.