39 Nakdimon, wat eers in die nag na Yeshua gegaan het, het ook gekom met ’n mengsel van mirre en aalwyn van omtrent vyftig kilogram.
40 Hulle het toe die liggaam van Yeshua gevat en dit in linne doeke toegedraai saam met die soet speserye, volgens die begrafnis tradisie van die Jode.
41 Daar was op die plek waar Hy aan die kruis doodgemaak is, ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf, waar nog nooit iemand in neergelê was nie.
42 Daar het hulle Yeshua toe neergelê omdat die Shabbat nadergekom het en omdat die graf naby was.