1 Op die Derdedag was daar ’n bruilofsfees in Kanah, ’n stad in die Galil en die moeder van Yeshua was daar.
2 Yeshua self en Sy studentevolgelinge is ook na die bruilofsfees genooi.
3 Die wyn was te min en Yeshua se moeder sê vir Hom: “Hulle het nie wyn nie.”
4 Yeshua sê vir haar: “Wat het ons in gemeen, vrou? My tyd het nog nie gekom nie.”